Lewer 10 liter
800 g bruinsuiker
10 liter water
1 pakkie (12g) kremetart
20 ml Jamieka gemmer
2 teelepels droë gis
handvol rosyne
Sit 2 liter water saam met die suiker in 'n groot kastrol en verhit sodat suiker kan smelt.
Voeg die res van die koue water by.
Voeg die kremetart en Jamieka gemmer by.
Roer 4 keer, en voeg dan die droë gis en rosyne by.
Roer 3 keer.
Draai die hitte heeltemal af.
Laat dit staan vir 10 ure.
Teen hierdie tyd dryf die rosyne bo-op.
Gooi deur 'n doek (ongeblykte linne).
Gooi in 1 liter plastiek koeldrankbottels.
Jy kan glas ook gebruik, maar as die bottel sou bars is die glasskerwe gevaarlik.
Sorg dat daar in elke bottel 'n paar rosyne is.
Bêre in yskas.
Draai die prop stadig oop voor jy dit gebruik, sodat die gas stadig kan ontsnap.
Nie almal wat kan kyk, kan sien nie. - Justin Havelaar.
Wednesday, November 10, 2010
resep
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment